Sunhot_Solar.jpg
Request a quote
Get our latest pricelist
Contact Us
  • Survival of the Smartest

    Survival of the...smartest.

      The increase in the price of electrical energy will affect commercial and private consumers across the country and it is sure to influence our spending power.

    Read more...
  • Span die son in!

    Terwyl honderde miljoene regoor die wêreld eerskomende Saterdag ter ondersteuning van Earth Hour in donkerte gehul sal wees, gaan ’n huis op Worcester soos ’n helder lig skyn – óók vir bewusmaking oor aardverwarming.


    Read more...
  • Hybrid Living

    We have just finished the final stage of our generation plan and are proud to announce that we are now generating our own electricity by means of wind and solar energy.

    Read more...
  • Football for hope
    Footballl for hopeWe are Proud to heat Khayelitsha Football For Hope's water FREE FROM THE SUN !!
    Read more...
Span die son in! PDF Print E-mail
Span die son in
Terwyl honderde miljoene regoor die wêreld eerskomende Saterdag ter ondersteuning van Earth Hour in donkerte gehul sal wees, gaan ’n huis op Worcester soos ’n helder lig skyn – óók vir bewusmaking oor aardverwarming.

 

Om 20:30 op Saterdag 27 Maart 2010, sal huishoudings en ondernemings hul ligte afskakel in ondersteuning van Earth Hour.

 

Earth Hour is ’n inisiatief wat deur die Wêreld natuurfonds (WWF) ontwikkel is om klimaatsverandering en aardverwarming te beveg. Die doel is ook om die belangrikheid van die gebruik van hernubare energiebronne onder die aandag van verbruikers te bring. SuidAfrikaanse bekendes soos onder andere The Parlotones, Ryk Neethling en emeritusaartsbiskop dr. Desmond Tutu het vanjaar ook hulle steun vir dié wêreldwye inisiatief.

 

Mnr. Fazli Okkers, ’n inwoner van Worcester, is vir jare al ’n voorstaander van die gebruik van hernubare energiebronne en het besluit om die inisiatief op ’n alternatiewe manier te ondersteun.

 

Okkers se woning in De Villiersstraat 11, Langerug se ligte sal dié Earth Hour nie afgeskakel word nie. Dit sal eerder aangeskakel bly sonder om enige konvensionele elektrisiteit te gebruik. Hoe is dit dan moontlik, vra jy dalk? Wel, Okkers sewoning is uniek. Dit is die enigste op die dorp wat gebruik maak van sonpanele en ’n windturbine om krag vir die hele huis op te wek en die grootste in die WesKaap.

 

Die 20 sonpanele en een windturbine wek in totaal tussen 40 en 45 kwh per dag op en dit is oorgenoeg om die Okkerswoning aan die gang te hou. Hy het besluit om Earth Hour op hierdie manier te ondersteun met die doel om te bewys dat dit inderdaad moontlik is om elektrisiteit in jou huis te hê sonder om staat te maak op konvensionele elektrisiteitstoevoer.

 

Volgens Okkers is dit “baie belangrik dat verbruikers minder staat sal maak op niehernubare fossielbrandstowwe soos kool, olie en aardgas aangesien hierdie brandstowwe ’n peil bereik het en binne enkele dekades gaan opraak.” Okkers beklemtoon dat hy nie teen die Earth Hourinisiatief is nie. Inteendeel, hy ondersteun dit geheel en al en wil daarbydie gebruikvan alternatiewe hernubare energiebronne in Worcester, asook die res van die WesKaap bevorder. Hy nooi almal uit om te kom kyk wat moontlik is met die gebruik van hernubare energiebronne en hoe hulle ook ’n blywende verskil kan maak. - Die installasie van die sonpanele is deur ’n plaaslike firma SUNHOT SOLAR gedoen. Sien die advertensie elders op die blad vir meer inligting en kontakbesonderhede. Sonpanele maak ’n blywende verskil.

 
Solardome SA
SESSA
Our systems are SABS approved
View our BBBEE certificate
Proudly manufactured in Stellenbosch, South Africa
Content View Hits : 228695
Home | News | Span die son in!
Copyright © 2010 Sunhot Solar. All Rights Reserved.